Sutta Nipāta 3.3

Welgesproke woorde

Aldus het ek gehoor:

By geleentheid het die Deurlugtige in die buurt van Savatthi gewoon, in die Jeta-plantasie in Anathapindika se park. Daar het hy gesê:

‘Monnike, as woorde met vier eienskappe toegerus is, is hulle welgesproke, nie sleggesproke nie, en foutloos vir dié wat weet: ’n monnik sal welgesproke woorde uiter, nie slegtes nie; wat reg is, nie onreg nie; wat vriendelik is, nie onvriendelik nie; wat waar is, nie onwaar nie. As woorde met hierdie vier eienskappe toegerus is, is hulle welgesproke, nie sleggesproke nie.’

Ná hierdie woorde het die Deurlugtige, die Welgekome, die Meester gesê:

‘Welgesproke woorde is hoofsaak, sê die helderes:
sê ’n woord wat reg is, nie onreg nie—dit is die tweede;
sé ’n woord wat vriendelik is, nie onvriendelik nie—dit is die derde;
sê ’n woord wat waar is, nie onwaar nie—dit is die vierde.’

Toe het die eerbiedwaardige Vangisa opgestaan, sy kleed oor een skouer gehang, die Deurlugtige gegroet en gesê:

‘Welgekome, ek dink aan iets.’

‘Praat gerus, Vangisa,’ sê die Deurlugtige.

Daarop het die eerbiedwaardige Vangisa die Deurlugtige openlik met gepaste verse geprys:

‘Sê ’n woord wat jouself nie skroei
en ander nie seermaak nie—
’n suiwer woord.

Sê ’n vriendelike woord wat geluk skenk
en geen kwaad bevat nie—
’n vriendelike woord.

’n Waar woord is onsterflik, dit is die ewige wet.
Die helderes, so sê hulle, is gegrond
in wat waar. goed en reg is.

Wat die Boeddha sê lei tot die bereiking van nibbana,
tot die beëindiging van lyding.
Dit is die hoogste woord.’