Sutta Nipāta 3.4

Offerande

Aldus het ek gehoor:

By geleentheid het die Deurlugtige onder die mense van Kosala gewoon, op die wal van die Sundarika-rivier. Op daardie stadium was die brahmaan Sundarikabharadvaja besig om op die rivier se wal die ritueel van die vuuroffer uit te voer. Dit gedoen, het die brahmaan Sundarikabharadvaja opgestaan en in alle rigtings rondgekyk:

‘Aan wie sal ek die oorblyfsel van my offer gee om te eet?’

Toe sien die brahmaan Sundarikabharadvaja nie ver van hom af nie die Deurlugtige by die voet van ’n boom sit, heeltemal met sy kleed bedek. Hy gaan na die Deurlugtige toe met die oorblyfsel van die offer in sy linkerhand en ’n waterkan in sy regterhand. By die aanhoor van die brahmaan Sundarikabharadvaja se voetstappe ontbloot die Deurlugtige sy hoof. Toe besef die brahmaan Sundarikabharadvaja:

‘Hierdie man het sy kop geskeer, hy is ’n kaalgeskeerde,’ en hy oorweeg dit om om te draai, maar toe dink hy:

‘Wel, baie brahmane skeer ook hulle koppe kaal. Kom ek vra hom uit oor sy afkoms.’

Die brahmaan Sundarikabharadvaja gaan toe na die Deurlugtige toe en vra:

‘Van watter stand is u?’

Toe antwoord die Deurlugtige die brahmaan Sundarikabharadvaja met verse:

‘Brahmaan of prins of arbeider of watter stand ook—ek is dit nie.
Van afstam weet ek alles maar ek besit op aarde niks—
is net ’n swerwer-denker.

Sonder huis met net ’n kleed,
sonder hare maar in rus gehul,
sonder kleef aan mensekind
swerf ek o brahmaan—
jou vraag oor afstam is misplaas.’

‘Maar meneer, as brahmaan brahmaan ontmoet
word immers altyd gevra of ’n heer brahmaan is.’

‘Noem jy jouself ’n brahmaan maar my nie, dan vra ek jou
na die Savitti-gebed van drie reëls en vier en twintig sillabes.’

‘Waarom het sieners—werkers, krygers en brahmane—
hier op aarde aan die gode almal offerandes voorberei?’

‘As ’n volkome mens met volmaakte kennis op die regte tyd
’n offer van wie ook al ontvang, dan sal dit voorspoedig wees.’

‘Waarlik, my offer sal goeie vrugte dra
want ek het een met volmaakte kennis gesien.
As ek nie iemand soos u gesien het nie
sou ’n ander een my offerkoek geëet het.’

‘Brahmaan, jy soek heil.
Kom nader, vra gerus.
Miskien vind jy hier ’n verstandige—
’n helder stille sonder woede, sonder drang.’

‘In offerande vind ek plesier, o Gotama.
Ek wil graag offer maar ek verstaan dit nie.
Onderrig my, o edele.
Vertel my wanneer ’n offer werk.’

‘Gee my jou oor, brahmaan, dat ek jou die Waarheid kan leer:

Vra nie na afkoms nie maar na gedrag.
Soos vuur uit ’n droë houtstomp vlam
kan magtige wysheid uit eenvoud stam.
Ware adel kom uit beskeidenheid voort,

is onder beheer van die waarheid,
het volle kennis verkry, leef die goeie lewe—
laat die brahmaan wat verdienste soek
op die regte tyd aan so ’n mens ’n offer bring.

Wie sonder behoefte huisloos swerwend woon
en die reguit pad van eenvoud loop—
laat die brahmaan wat verdienste soek
op die regte tyd aan so ’n mens ’n offer bring.

Wie se gees kragtig sonder drif gerig is en bevry
soos die maan uit die greep van Rahu—
laat die brahmaan wat verdienste soek
op die regte tyd aan so ’n mens ’n offer bring.

Wie van kosbaarhede afstand doen en aandagtig
ongebonde deur die wêreld swerf—
laat die brahmaan wat verdienste soek
op die regte tyd aan so ’n mens ’n offer bring.

Die oorwinnaar wat sonder begeerte leef
weet van die end van geboorte en dood,
is helder soos ’n dam koel water.
Die Volkomene is die offer werd.

Gelyk met eerlikes, van oneerlikes ver,
onbesoedeld hier en hierna
is die oneindig wyse.
Die Volkomene is die offer werd.

Ydelheid en hoogmoed bestaan nie meer nie
en van hebsug, selfsug en begeerte is geen spoor nie.
Woede is weg. Die edele is volkome opgeklaar
en het die vlek van leed verwyder.
Die Volkomene is die offer werd.

’n Vastrapplek vir die gees het hy nie,
gryp na niks in hierdie lewe of in een hierna
en hou aan niks meer vas nie.
Die Volkomene is die offer werd.

Diep skouend in die waarheid van alle dinge
en onbelemmerd, vir laas met net die lyf belas,
het hy kalm die stroom oorgesteek.
Die Volkomene is die offer werd.

Noudat bestaansdrif nie meer bestaan nie
en sy harde taal verstom het, is hy vry,
het hy volledig insig.
Die Volkomene is die offer werd.

Hy het hom losgemaak van bindende verpligtinge
en strewe nie in ydel trots teen ander nie
want hy ken lyding se domein.
Die Volkomene is die offer werd.

Hy soek alleenheid op sonder om aan hoop te hang
en sonder bou op sintuiglike ervaar,
anderkant ander se opinies.
Die Volkomene is die offer werd.

AIle geesverskynsels het hy bestudeer
en almal het hy tot niet gemaak,
vry in sy onthegting.
Die Volkomene is die offer werd.

Die einde van gebondenheid, die afsterf van geboorte sien
wat suiwer is, helder, sonder die vlek van weersin,
van die pad van hartstog afgedraai.
Die Volkomene is die offer werd.

Omdat hy homself nie as substans “Self” beskou nie
is hy sonder behoefte, aggressie en onsekerheid,
net kalm, reguit, ferm.
Die Volkomene is die offer werd.

Geen verwarring dra hy in hom rond nie
en hy kyk met diepe kennis in verskynsels in.
Hy dra die laaste liggaam.
Vol-verlig het hy geluk sonder einde bereik
en suiwerheid op ver hoër as gewone aardse vlak.
Die Volkomene is die offer werd.’

‘Mag my offer ’n waaragtige offer wees,
want ek het iemand met volmaakte kennis gevind.
Brahma is my getuie:
mag die Deurlugtige my aanvaar,
mag die Deurlugtige my offer geniet.’

‘Offers waaroor gesing is, o brahmaan, sal ek nie aanvaar nie
want dit is nie die gewoonte van die wat helder sien nie.
Solank die leer bestaan het Boeddhas nog altyd offers
waaroor gesing is, van die hand gewys.

Sorg jy met ander kos en drank vir ’n volkome mens,
vir ’n groot siener wie se smette gestop is,
wie se wroeging gestil is.
Dáár moet jy verdienste soek.’

‘O Deurlugtige,
noudat ek u leer aanvaar het
sal dit goed wees om te weet
wie ’n geskenk sal aanneem van iemand soos ek,
na wie ek moet soek op die regte offertyd.’

‘As ’n muni
’n mens van wysheid
wie se humeur verdwyn het
en wat vlekloos van gees
van behoeftes bevry is,
’n mens wat sy traagheid verdryf

en sy beperkings oorskry het
en wat geboorte en dood verstaan—
as so ’n mens na die offer gekom het,

doen dan afstand van jou hovaardigheid,
verwelkom hom met uitgestrekte hande
en vereer hom met kos en drank.
Dan sal jou geskenke voorspoed bring.’

‘Heer, u is die Boeddha, u is ’n offer waardig,
u die veld van verdienste sonder weerga,
ontvanger van die hele wêreld.
Wat aan u geskenk word, Heer, is vol vrug.’

Toe sê die brahmaan Sundarikabharadvaja aan die Deurlugtige:

‘Wonderlik, Gotama, wonderlik! Net soos mens regop sou sit wat omgeval het, sou oopmaak wat toegemaak is, die weg vir iemand wat verdwaal het, sou aandui, of ’n olielamp in ’n donker plek sou inbring sodat dié wat oë het vorms kan onderskei—so het die eerbiedwaardige Gotama op verskeie maniere die waarheid bekend gemaak. Ek neem toevlug in die deurlugtige Gotama, en in die waarheid, en in die gemeenskap van monnike. Mag ek in die teenwoordigheid van die deurlugtige Gotama die huislose lewe opneem, mag ek die monnike-lewe opneem.’

Die brahmaan Sundarikabharadvaja het in die teenwoordigheid van die Deurlugtige die huislose lewe, en die monnike-lewe, opgeneem. Nie lank nadat Sundarikabharadvaja die monnike-lewe opgeneem het nie, het hy self deur alleen, afgesonderd, ywerig, toegewyd en vasberade te leef, in ’n kort tyd die onoortreflike ideaal van die edel lewe in hierdie wêreld verstaan, ervaar en bereik—dit ter wille waarvan die seuns van goeie families met alle reg die huislike lewe verlaat en die huislose lewe opneem. Hy het tot die insig gekom dat hergeboorte vernietig is, dat die edel lewe volbring is, dat wat gedoen moes word, gedoen is, dat daar niks meer in hierdie lewe oorgebly het nie. Die eerbiedwaardige Sundarikabharadvaja was een van die volmaaktes.

Aldus heb ik gehoord. Eens verbleef de Gezegende in Kosala, op de bank van de rivier de Sundarika. In de buurt was een brahmaan, genaamd Sundarika Bharadvaja, bezig heilige rituelen uit te voeren en brandde offergaven op een vuur. Toen de brahmaan zijn rituelen beëindigd had, stond hij van zijn zitplaats op en keek hij om zich heen. “Wie zal ik de overblijfselen van mijn offergaven geven?”, vroeg hij zich af. En toen bemerkte hij de Boeddha die, volledig bedekt onder zijn gewaad, in de nabijheid onder een boom zat. En zo, met de offergave in één hand en een waterpot in de andere, liep de brahmaan op de Boeddha af. Toen de Boeddha de voetstappen van de brahmaan hoorde, ontblootte de Boeddha zijn hoofd. “Waarom zou ik deze man wat geven,” dacht de brahmaan, “deze man heeft zijn hoofd geschoren, hij is niets meer dan een kaalgeschorene!” En hij was van plan om terug te keren. Maar dan bedacht hij: “Sommige brahmanen hebben eveneens hun hoofden kaalgeschoren. Ik kan beter naar hem toegaan en hem vragen van welke familie hij afkomstig is.” Dus liep hij op de Boeddha af en vroeg: “Van welke kaste bent u?” En de Boeddha antwoordde de brahmaan als volgt:

“Ik ben geen brahmaan. Noch ben ik een prins noch een boer noch iets anders. Ik ben tot een zeer helder begrip gekomen van hoe wereldse mensen worden geboren. Nu zwerf ik door de wereld als een wijs man, zonder bezittingen, zonder iets.”

“Ik draag een dubbel gewaad en heb mijn haren afgeschoren. Ik zwerf zonder een thuis, zonder de behoefte me te mengen onder de mensen in de wereld en ben volledig bedaard. Uw vraag omtrent kaste is niet van toepassing.”

“Maar, Heer,” zei de brahmaan, “wanneer brahmanen elkaar ontmoeten, dan vragen zij elkaar altijd of zij brahmanen zijn of niet.”

De Boeddha: “Als u kunt zeggen dat u een brahmaan bent en dat ik dat niet ben, dan moet ik u aan Savitri's mantra van drie zinnen en vierentwintig letters herinneren.”

De brahmaan: “Waarom hebben wijze mensen in deze wereld van velerlei families, of zij religieus zijn of niet, krijgers of wereldlingen, altijd zo vele offergaven gebracht aan de goden?”

De Boeddha: “Als de persoon die de offergave ontvangt, op dat moment perfecte wijsheid bezit, volmaakt en volkomen is, dan zal de offergave, zeg ik u, succesvol zijn.”

“Dan zal deze offergave zeker succesvol zijn,” zei de brahmaan, want hier voor mij, is een man die perfecte wijsheid bezit. Als ik u niet had gezien of iemand zoals u, dan had ik de cake aan iemand anders gegeven.”

De Boeddha: “Omdat u ergens naar op zoek bent, brahmaan, kom dan hier en vraag me ernaar. Misschien vindt u hier een begrip dat helder is, dat zonder angst is, dat zonder pijn of begeerte is; iemand die kalm is.”

“Gotama, ik breng heel graag offers en ben verlangend om er meer te brengen. Maar ik begrijp ze niet. Kunt u mij onderwijzen en leren wat een offergave effectief maakt?”

De Boeddha: “Luister dan aandachtig, brahmaan, en ik zal je er alles over vertellen.”

“Vraag niet naar kaste, maar vraag naar gedrag. Kijk naar de vlammen van een vuur. Waar komen zij vandaan? Van een stuk hout. Op dezelfde manier kan een man van een lage kaste afkomstig zijn, maar door zijn vastberadenheid en morele beheersing wordt hij een edel mens.”

“Deze essentie van waarheid maakt hem rustig, hij oefent zichzelf in zelfbeheersing, en door een leven te van goed gedrag te leiden komt hij tot volledig begrip. Dit is waar offergaven gegeven moeten worden wanneer offergaven verdiend worden. Dit is waar de brahmaan, de man die uit is op goede daden, offergaven geeft.”

“Er zijn zwervers die hun thuis opgegeven hebben en zintuiglijke plezieren laten varen, die geoefend zijn in zelfbeheersing en wiens bewegingen zo recht zijn als een pijl. Dit is waar offergaven gegeven moeten worden wanneer offergaven verdiend worden. Dit is waar de brahmaan, de man die uit is op goede daden, offergave geeft.”

“Zij zijn degene die vrij zijn van hartstocht en met goed ontwikkelde vermogens, die zoals de maan, bevrijd zijn uit de greep van Rahu. Dit is waar offergaven gegeven moeten worden wanneer offergaven verdiend worden. Dit is waar de brahmaan, de man die uit is op goede daden, offergaven geeft.”

“Voor deze wereld-zwervers is er niets waar zij zich aan hechten. Zij zijn altijd waakzaam en hebben afgedaan met zelfzuchtige gedachten.”

“De zwervende overwinnaar die zintuiglijke plezieren heeft laten varen, heeft gezien waar geboorte en dood eindigen. In de volledige uitblussing is hij zo koel als een meer; hij is de ‘zo gegane’ (de Tathagata) en hij is offers waardig.”

“Op een lijn met zijn gelijken, met de gelijkmoedige van geest en voorbij de vergelijking met de wankelbaren, heeft de Tathagata onbegrensde wijsheid. Niets in deze wereld of elders kan hem bezoedelen. De Tathagata is offers waardig.”

“Trots en eigendunk bestaan niet in hem, er is geen spoor van onwetendheid, van zelfzuchtige gedachten of van begeerte. Met boosheid is afgedaan en in de uiterste kalmte van volledige uitblussing heeft de brahmaan de bezoedeling van verdriet verwijderd. De Tathagata is offers waardig.”

“Zijn geest blijft nergens meer in steken. Vastklampen is er in het geheel niet meer bij. Omdat hij zichzelf nergens in de wereld of elders aan vastgrijpt, is de Tathagata offers waardig.”

“Hij is de stroom overgestoken, de geest is bedaard. In de perfectie van kennis heeft hij zich gerealiseerd hoe dingen zijn. Hij is in zijn laatste lichaam en de hartstochten zijn opgebrand. De Tathagata is offers waardig.”

“De bedwelming van het bestaan is vernietigd en uitgeroeid, zo ook beledigende taal; er is niets meer van dat. Bevrijdt en volkomen in ieder respect, is de Tathagata offers waardig.”

“Hij heeft alle banden van zich afgeschud; hij wordt nergens meer op geen enkele manier aan gebonden en er is nooit enige trots, zelfs niet wanneer hij onder trotse mensen is. Hij is tot het begrip gekomen van waar lijden begint en tot hoe ver dat gaat. De Tathagata is offers waardig.”

“Hij zoekt naar afzondering, verwerpt begeerte en hij is vrij van meningen. Aan geen enkel zintuiglijk object wordt vastgeklampt, wat het ook is. De Tathagata is offers waardig.”

“Alle banden van welke beschrijving dan ook, die door en door onderzocht zijn, zijn vernietigd en uitgeroeid; ze zijn allemaal verdwenen. Kalm in de vrijheid van uitgebluste gehechtheid is hij de Tathagata; hij is offers waardig.”

“Hij ziet het einde van geboorte, het einde van gewoontepatronen. Hij heeft het pad van hartstocht volledig verlaten; zuiver, foutloos, vlekkeloos, smetteloos, hij is de Tathagata; hij is offers waardig.”

“Hij ziet zichzelf niet in termen van een ‘zelf’; hij is evenwichtig, oprecht, sterk en vrij van begeerte, vrij van wrangheid en vrij van twijfel. Hij is de Tathagata; hij is offers waardig.”

“Er is niets in hem dat tot twijfel kan leiden; bronnen van onwetendheid zijn verdwenen, er is er geen enkele meer over. Hij kijkt met inzicht naar alle verschijnselen. Hij draagt zijn laatste lichaam. Volledige verlichting is bereikt, hij is verheven en gezegend, de zuivering van de persoon heeft plaatsgevonden. Dit is de Tathagata; hij is offers waardig.”

De brahmaan: “Ik heb een wezen ontmoet dat volledige wijsheid heeft; moge mijn offergave daarom waardig zijn! Met Brahma als mijn getuige, vraag ik de Boeddha mij te accepteren; wil de Boeddha deze offergave van mij aannemen?”

De Boeddha: “Welnu, brahmaan, ik neem geen offergave aan door het opzeggen van teksten; dit is niet de manier van mensen met perfecte wijsheid. Verlichte wezens verwerpen wat is verkregen door het opzeggen van teksten, en omdat dit de waarheid is, zal dit altijd de Leer van de Boeddha's zijn.”

“U kunt een grote wijze bedienen die perfect is, die hartstochtloos is en die rusteloosheid gekalmeerd heeft, met enig ander voedsel en drinken. Dat zal een veld van verdiensten zijn voor de man die uit is op verdiensten.”

De brahmaan: “Heel goed, mijn Heer. Maar ik zou willen weten aan welke mensen zoals ik, offergave zou moeten geven. Vertel mij, in het licht van uw Leer: naar wie moet ik uitkijken als ik een offergave doe?”

De Boeddha:

“Waar geen geredetwist is,
waar de geest onverstoord is,
waar vrijheid van genot is,
waar met luiheid afgedaan is,
waar hartstochten overwonnen zijn.”

“Waar geboorte en dood begrepen zijn—
daar is de man van wijsheid, de muni;
waar zo'n persoon aanwezig is,
is het goed een offergave te doen.”

“U dient hem te verwelkomen en hem te eren met eten en drinken, zonder een enkel spoor van een ontevreden blik. Dit is hoe een gave effectief zal zijn.”

De brahmaan: “Boeddha, u bent een gave waardig, een onovertrefbaar veld van verdienste en een ontvanger van offergave! Wat aan u vanwege verering gegeven wordt is van immense vrucht.”

Toen zei Sundarika Bharadvaja tegen de Boeddha: “Het is verbazingwekkend, Eerwaarde Gotama, het is wonderbaarlijk, Eerwaarde Gotama! Net zoals iemand rechtzet wat op z'n kop staat, openbaar maakt wat verborgen was, of de weg wijst aan hem die verdwaald is, of een lamp omhoog houdt in de duisternis zodat zij die ogen hebben dingen zullen zien; net zo is de Dhamma door de Eerwaarde Gotama op vele manieren uitgelegd! Daarom, neem ik mijn toevlucht in hem, in zijn Dhamma en in zijn Sangha. Ik wil het thuisloze leven ingaan en de hogere inwijding nabij de Eerwaarde Gotama ontvangen.”

Toen werd Sundarika Bharadvaja ingewijd als een leek en ontving de hogere inwijding nabij de Boeddha. Later, door een leven te leiden in afzondering, ijverig, energiek en met een vastbesloten wil, begreep, ervoer en verwezenlijkte hij in korte tijd, die hoogste perfectie van een edel leven waarvoor de zonen van goede gezinnen het huiselijke leven op harmonieuze wijze verlaten, en het thuisloze leven aangaan. Wedergeboorte werd ten einde gebracht; een edel leven was geleefd; wat gedaan moest worden was gedaan en in dit aardse bestaan was er niets anders meer wat nog gedaan moest worden: Sundarika Bharadvaja was een van de Arahats geworden.