Sutta Nipāta 5.11

Die vraag van Kappa

‘In die middel van ’n stroom word die mense meegesleur.
Heer, verklaar dat daar vaste grond is in die vloed van wording,
in die groot vrees van hulle wat verswelg word deur verval en dood,
en vertel my waar die vaste grond is, die laaste vaste grond.’

‘In die middel van ’n stroom word die mense meegesleur.
Ek verklaar dat daar vaste grond is in die vloed van wording,
in die groot vrees van hulle wat verswelg word deur verval en dood:

niks hoef te wees nie
en niks hoef te hê nie—
juis dit is die laaste vaste grond,
is nibbana,
is die einde van verval en dood—
dit verklaar ek.

Wie dit weet en daarvan bewus bly
berelk nibbana in hierdie lewe,
is nie volgelinge en slawe van die Dood nie.’