Sutta Nipāta 5.7

Die vrae van Upasiva

‘Alleen, o Sakya-man, en sonder bystand kan ek nie deur die groot vloed kom nie;
alsiende, vertel my van ’n middel wat my sal help om deur die vloed te kom.’

‘Upasiva, let aandagtig op niksheid
en vertrou op “dit is nie”
en steek die vloed oor:
laat vaar plesiere
en gee twyfel prys—
en sien begeer se einde deur dag en nag.’

‘As mens vry van drif na alle plesier
ander state laat vaar en op niksheid vertrou
en in die hoogste bevryding van persepsie bevry is—
sal hy daar bly sonder om verder te gaan?’

‘As mens vry van drif na alle plesier
ander state laat vaar en op niksheid vertrou
en in die hoogste bevryding van persepsie bevry is
sal hy daar bly sonder om verder te gaan.’

‘Alsiende, as mens baie jare daar bly sonder om verder te gaan
en daar in sy vryheid koud sou word—sal so een bewussyn hê?’

‘Soos ’n vlam deur die krag van die wind gestoot
verdwyn en nie geken word nie,
so is ’n wyse wat met naam en lyf klaar is:
hy verdwyn en word nie geken nie.’

‘Verduidelik hierdie waarheid wat u ken ook aan my, goeie wyse:
as hy verdwyn het—
bestaan hy glad nie meer nie of bestaan hy in welsyn sonder einde?’

‘Wie verdwyn het kan nie gemeet word nie,
waaroor hulle sou praat, is by hom nie meer nie;
as alle verskynsels daarmee heen is
is alle paaie van praat daarmee heen.’